Almal van ons, behalwe die gelukkige
ongelukkiges wat geestelik stilstaan, bly maar voortdurend besig om vorige
opvattings en oortuigings in heroorweging te neem. Niemand van ons kom ooit tot
finaliteit nie: die finaliteit van die dood keer vir ons halfpad.